Baie welkom


Baie welkom op die blad van Pastoor Tania se gemeente.


Tania is op 2 Maart 2015 aangestel as die Presiderende Leraar van die Volle Evangelie Kerk van God, Eloffsdal.


Onder hierdie Indeks sal jy ook die blad vir gebed vind, waar jy gratis Skrifgebaseerde Gebede kan aflaai om jou stiltetyd te verryk.


Sy het ook hulp ingelas vir alle lof-en aanbiddingspan wat ook gratis afgelaai kan word.


Die jeugbediening is in elke gemeente 'n uitdaging.  Gaan laai gerus die materiaal wat hier beskikbaar is af vir jou bediening.


Soos die bediening groei sal hierdie blad gereeld opgedateer word met nuwe nuus en bedieninge!

Ons Belydenis van Geloof


1. ONS GLO in die oorspronklike geskrewe, God geinspireerde Ou- en Nuwe Testament.  Ons aanvaar dit as die hoogste en finale gesag vir geloof en lewe.


2.  ONS GLO in een God, wat vir ewig bestaan as drie persone:  Vader, Seun en Heilige Gees.


3.  ONS GLO in Jesus Christus wat van God ontvang en deur die Heilige Gees verwek is, en gebore is uit die maagd Maria.  Hy is waarlik God en waarlik mens.


4.  ONS GLO dat God die mens na Sy eie beeld geskape het.  Deur te sondig het die mens die straf van die sonde, nl. fisiese en geestelike dood, in werking gestel.


5.  Met betrekking tot seksuele gedrag.  ONS GLO in hetroseksuele verhouding tussen 'n natuurlike man en 'n natuurlike vrou binne die grense van 'n wettige huwelik.


6.  ONS GLO dat Jesus Christus, volgens die Skrif, vir ons sonde as subsituut offer gesterf het, en dat elkeen wat in Hom glo geregverdig is op grond van Sy gestorte bloed.


7.  ONS GLO dat Jesus Christus fisies opgestaan het uit die dood en opgevaar het na die hemel en dat Hy huidig as ons Hoe Priester en Advokaat leef.


8.  ONS GLO in die persoonlike wederkoms van onse Here Jesus Christus.


9.  ONS GLO dat almal wat Jesus Christus deur die geloof aangeneem het, en hulle van hulle sonde bekeer het, deur die Gees wedergebore is en daarom kinders van God genoem kan word.


10.  ONS GLO in die Doping in die Heilige Gees, met die gepaardgaande bonatuurlike Gawe van die Heilige Gees, wat gelowiges met krag toerus vir hulle dienswerk.  Ons glo in die Godsingestelde bedieninge van die Apostel, Profeet, Evangelis, Pastoor en Leraar.


11.  Met betrekking tot die onderwerping aangesag.  ONS GLO in die beginsel dat 'n persoon in gesag staan omdat hy onderwerp aan gesag.  Met dit in ag genome sal lidmaatskap onderhewig wees aan onderwerping aan die kerlike gesag met betrekking tot sake soos die bestuur, doktrines en persoonlike gedrag.


12.  ONS GLO in die opstanding van beide die regverdige en die onregverdige, die ewige geseendheid van die vrygekooptes en die ewige verbanning van almal wat die gawe van verlossing verwerp het.


13.  ONS GLO dat die een ware Kerk almal insluit wat gered is deur Jesus Christus en wedergebore is deur die Heilige Gees, en dat die Kerk op aarde sy karakter op hierdie geestelike beginsel moet bou.  Wedergeboorte en 'n persoonlike belydenis van Jesus Chirstus is dus noodsaaklik vir Kerklidmaatskap.


14.  ONS GLO in die Waterdoop en die Heilige Nagmaal, wat onderhou moet word as 'n daad van gehoorsaamheid en voortdurende getuienis van die Christelike geloof.  (Die Waterdoop is 'n onderdompeling van die gelowige in die water as 'n belydenis en identifisering met die begrafnis en opstanding van Christus.  Die Heilige Nagmaal is deelname aan die elemnte van die Tafel van die Here, wat die gebroke liggaam en gestorte bloed simboliseer, in herinnering aan Sy offerdood totdat Hy weer kom).


15.  ONS GLO dat daar vir goddelike genesing voorsiening gemaak is ind ie Ou- en Nuwe Testament en dat dit 'n integrale deel vorm van die Evangelie.


16.  ONS GLO aan die leerstelling van die Bybel wat se dat geen mens God sal sien sonder Heiligmaking nie.  Ons glo dat hierdie leerstelling van Heiligmaking 'n definitiewe en progressiewe proses van genade is, wat by wedergeboorte begin en sal voortduur tot by die vooltooide werk van verlossing.

 



Search this website

Search Options
Headings Only    
All Content    

Shopping Cart

Your cart contains 0 product(s).
view cart

ONLINE STORE

Please fill in the form below to continue.

Name and surname:   
Email address: